Photos of Africa: Blog

Oct 12, 2008

Northern Cape_Vanderkloof

Vanderkloof op die R48 is n pragtige dorp op die oewers van die Vanderkloof Dam in die Oranje Rivier. In die winter daal die water temperatuur van die dam nie onder 7 grade celcuis nie. Gedurende die winter heers daar n gematige temp. in die dorp en geen ryp kom voor nie amper n suptropiese klimaat as gevolg van die teenwoordigheid van die dam. Die dorp beskik oor die nodige infrastruktuur maar het geen petrol of diesel beskikbaar nie die naaste is by Petrusville 10 km ver.

Die dam is voltooi gedurende die vroee sewentigs is die tweede grootste dam in SA maar spog met die hoogste damwal. Die damsluise is spesiaal vir ons oopgetrek om te verfilm die asemrowende gesig sal my altyd bybly. Een van die sluise oopgetrek lewer 120000 liter water per sekonde en daar is vier van hulle. In die damwal is ook hidro kragopwekking wat gereguleer word deur ESKOM vanaf Johannesburg in werking styg die rivier met 2 meter.

Ons het gekamp op die rivier oewer by een van die boere van die omgewing hier kan met kanos gery word Geelvis vlieghengel en sommer net die stilte te waardeer. In die onmiddelike omgewing kan rotsklim en brugspring beoefen word.

Die omgewing het baie Karoo koppe en berge wat dit n besondere mooi area maak met verskeie staproetes. Rolfontein Natuurreservaat is n moet om te besoek met baie wild en renosters sal defnatief gesien kan word.
Net oorkant die rivier aan die Vrystaat kant is die Scheiding pomp stasie. Vanaf die damwal is daar n kanaal waar water deur swaartekrag 13km loop tot by die pompstasie. By die pompstasie is daar sewe pompe wat gesametlik 180000 liter water per sekonde lewer die kragverbruik is meer as die dorp DE AAR. Vanaf die pompstasie word die water 47 meter kophoogte opgepomp na n ander kanaal waar die water weer met swaartekrag gevoer word na Jakobsdal omgewing. Die pompstasie is die grootste van sy soort in die suidelike halfrond

No comments:

Post a Comment